Sy Stem...!

 Sy Stem ...!

image071

Einde 1976, na voltooing van 'n BSc graad by Tukkies in Pretoria met Fisika en Wiskunde as hoofvakke, ontvang ek 'n Goddelike opdrag om die invloed van ons sonnestelsel se planete op aardgebeure te bestudeer en dit te koppel aan die vervulling van Bybelse eindtyd profesie.

'n Vrydagaand, 1977: Ek ontmoet 'n gewese 'hippie' in Sunnyside, Pretoria wat kragtig tot bekering gekom het na 'n roekelose en Goddelose lewe. Ek het hom genooi na my woonstel. Ons het ernstig begin saambid vir mense wat vasgevang was in allerhande verslawings en probleme. Teen middernag het ons gaan slaap.

wolkieblouRondom 4 vm: Ek was in 'n diepe slaap. Meteens het die Here met my gepraat met 'n geweldige groot, duidelike en wonderlike stem. Sy stem was so opwindend en vol van Vaderlike liefde. Ek kon afwisselend die stemme van God die Vader en Sy seun (Jesus Christus) hoor. Dit het vir my gevoel of almal binne 'n radius van ±100 kilometer rondom Pretoria daardie besonderse almagtige stem moes hoor. Dit was asof die Here vir omtrent een uur lank met my gepraat het. Ek kan egter net een sin baie duidelik onthou. Dit was, 'My seun, trek uit in die krag van die Here, want die tyd is kort ! 

 

1998: Patmos Eiland. Engele Verskyn aan Dr Samuel Doctorian

16 Augustus 1998: Vyf engele verskyn aan Dr. Samuel Doctorian op die Patmos eiland by Griekeland. Hulle stel hulleself voor as die 'Engele van die vyf kontinente' en maak dinge aan hom bekend wat binnekort op die aarde sou gebeur. Só is die 11 September aanvalle in New York reeds gedurende 1998 aan Dr Doctorian getoon

Van Hierdie Engele Se Waarskuwings Is Heelwat Reeds Vervul!

(Sien Aanhangsel 12 van die boek 'Die Sterre getuig, Jesus Christus KOM ! hieronder)

image075bJanuarie 2000. Ek ontvang 'n baie duidelike opdrag van die Here af om my inligting in orde te kry. Vir 'n paar weke het ek nie geweet hoe om hierdie opdrag uit te voer nie.

Toe ontvang ek die boodskap oor bogenoemde engele. Dit was 'n bevestiging van die nuwe boek wat ek moes skryf. Baie van hierdie engele se waarskuwings het ooreengekom met dit wat die Here reeds aan my gesê het.

Hierdie boek 'Die Sterre getuig, Jesus Christus Kom!' handel ons sonnestelsel, die planete, hemelse liggame, komete, meteoriete, galaksies, gravitasie kolke, die heelal, vervulling van Bybelse eindtyd profesieë ens.

 

Ook oor Psalm 147 :4 'Hy bepaal die getal van die sterre : Hy gee hulle almal name.'

Die sterre wat snags waarneem se name is op verstommende wyse Goddelik geïnspireer. Die hele evangelie van Christus se lyding en oorwinning oor die vyand, asook die verlossing en oorwinning wat Hy vir ons bewerk het oor die duiwel en sy demone, word dramaties ge-openbaar en verduidelik in die sterre se name. Ook die spoedige Wederkoms word op dramatiese wyse uitgebeeld in hierdie name.  

 

 'Die Sterre getuig, Jesus Christus Kom!' (Uitgawe7), is tans beskikbaar. (Kliek op Books & DVD hierbo)

image0762006: Ek ervaar 'n dringendheid om 'n engelse boek oor bogenoemde onderwerp te skryf. Tydens 2009 het die eerste uitgawe van die boek 'You, YOUR MANSION & quickly appearing, YOUR MAKER!' die lig gesien. Die Bybel sê En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom. Luk 21:11

  • Volgens bogenoemde engele gaan die volgende spoedig gebeur.
  • • Die Eifel toring in Parys gaan neerstort!
  • • Groot verwoesting gaan geskied in Londen.
  • • Groot dele van Noord Brazil sal oorstroom word en die Amazone vallei sal 'n groot see word.    Baie groot stede van Brazil sal verwoes word en daar sal aardbewings wees in baie plekke.
  • • Verwoesting soos nog nooit voorheen sal gebeur in Argentina en Chile.
  • • Die Nylrivier gaan opdroog.
  • • Mense sal sterf van die dors.
  • • Die Midde Ooste: water sal skaars raak en kernwapens gaan gebruik word. Die Verenigde nasies sal tot 'n einde kom nadat hulle nie in staat sou wees om die komende geweldige Midde Oosterse konflik effektief te beheer nie.   

 

(LW: Haiti aardbewing – 2010, Orkaan Katrina – New Orleans – 2005 – grootste orkaan in mense heugenis, Villa Hermoza vloede - 8.0 sterkte aardbewing in Pisco, Peru – 800 000 geboue verwoes. Hierdie was die grootste aardbewing wat die streek getref het in dekades.)

 

 

 

 

Kliek hier om te gaan na Wat sê Lesers/ Kykers 
Submit to DeliciousSubmit to DiggSubmit to FacebookSubmit to Google PlusSubmit to StumbleuponSubmit to TechnoratiSubmit to TwitterSubmit to LinkedIn

 

Copyright � 2014. All Rights Reserved.