Wat Ander Sê

 

 Wat lesers/ kykers sê:

image079Die wonders van die natuur en die heelal is deur die eeue aan ons bekend gemaak deur wetenskaplike navorsing..


Van die vroegste tye was die bevindings van die wetenskap kontroversieel, van Galilieo se beskrywing van planeetbeweging tot die Higgs boson.
Die koms van die evolusieteorie, berekenings oor die ouderdom van die aarde en die postulering van die groot knal het nog verder opwinding en verwarring gebring, afhangende van deur watter bril jy daarna kyk.


In sy Dvd (boeke) slaag Cobe de Kock daarin om ons wonderlike heelal in perspektief te stel as die handewerk van ons magtige Skepper. Die appel wat hy op die kyker (leser) maak is dat as jy werklik glo in 'n Skepper God, dan sal die DVD jou nog meer in verwonderining bring oor die instrumente wat God gebruik het om Sy Skepping te vervolmaak. God het ons verstand gegee om die boustene van die heelal te ontdek en verder te gebruik tot die voordeel van die mensdom.


Die Christen mag nooit verwyderd voel van die wetenskap en die wondere daarvan nie, maar hy/sy moet deur die bril van die Woord van God daarna kyk. Cobe se DVD (boek) verskaf hierdie bril.

 

Prof Gerrit N van Wyk. Professor in Fisika en voormalige Waarnemende Viserektor: Akademiese bedryf. Universiteit van die Vrystaat. Suid Afrika



image105Op die aand wat ek die uiteensetting en openbaring van Cobe de Kock gehoor en gesien het van die boek 'Die sterre getuig; Jesus Christus KOM!! het 'n radikale verandering in my hele lewe plaasgevind.

 

Vir drie weke lank kon ek nie praat nie. Net my kop skud op ja en nee en as ek praat het ek in tale gespreek, selfs regdeur die nag as ek geslaap het! Wat 'n Goddelike ontmoeting was dit nie! Halleluja. Al die eer aan Jesus Christus die gekruisigde.

 

Bettie Rademeyer. Senior Klerk. Bloemfontein.

  

image107Cobe se aanbiedings van die Evangelie in die Sterre, die Name van God in die sterre en wat die sterre ons kan leer oor die eindtyd, openbaar soveel meer van God se karakter & groot liefde vir ons, dat ek nooit in my wildste drome kon dink die sterre het soveel te vertel, maar aan die ander kant, as ons Pappa God selfs die sterre gemaak het (so ook die mensdom), waarom sal dit nie ook van Hom vertel?

 

 

Glo my, dit is 'n ware "eye opener" en het my met nuwe oë na die uitspansel laat kyk! 'n Moet vir elke kind van God!

 

Basil Williams. S.A.P.D, George

 

 Meer oor die Boeke/ Dvd

Submit to DeliciousSubmit to DiggSubmit to FacebookSubmit to Google PlusSubmit to StumbleuponSubmit to TechnoratiSubmit to TwitterSubmit to LinkedIn

 

Copyright � 2014. All Rights Reserved.